Woody Allen

Woody Allen
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Allen in New York, 2006

Geboortenaam Allen Stewart Konigsberg
Geboorte 30 November 1935 (1935-11-30)
The Bronx, New York Stad, VSA
Nasionaliteit Verenigde State van Amerika
Beroep(e) Draaiboekskrywer, regisseur en akteur
Aktiewe jare 1950–nou
Webwerf woodyallen.com
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Woody Allen (gebore Allen Stewart Konigsberg op 30 November[1][2][3][4] 1935) is 'n Amerikaanse draaiboekskrywer, regisseur en akteur van Joodse afkoms. Allen het vier Oscars, nege Bafta- en twee Golden Globe-pryse oor sy meer as 50 jaar lange loopbaan ontvang. Hy word as een van die mees gerespekteerde rolprentregisseurs van die moderne era beskou.[5]

Allen skryf sy eie draaiboeke en hanteer self die regie van sy films, en speel ook in die meeste daarvan. Die meeste van sy prente is tragikomedies met 'n droë, dog humoristiese trant, dikwels oor inwoners van New York met verhoudingsprobleme. Hy speel baie keer die rol van 'n verwarde, angstige karakter met gebrekkige selfvertroue.[6]

Van sy bekendste prente is Everything You Always Wanted to Know About Sex (1972), Annie Hall (1977) en Match Point (2005). Hy ontvang Oscars vir die regie en draaiboeke van Annie Hall (1978),[7] Hannah and Her Sisters (1987)[8] en Midnight in Paris (2012)[9]

  1. https://books.google.com/books?id=81HYDwAAQBAJ&pg=PT11
  2. https://time.com/4100521/woody-allen-biography
  3. https://www.yahoo.com/entertainment/celebrity-actor-director-birthdays-week-163947283.html
  4. https://web.archive.org/web/20230903021451/http://www.bfi.org.uk/films-tv-people/4ce2b9ef3006f
  5. "Woody Allen Biography (1935–)" (in Engels). Filmreference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2020. Besoek op 7 Januarie 2014.
  6. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  7. Beste regisseur en beste oorspronklike draaiboek, 50ste Oscar-toekenningsaand
  8. Beste oorspronklike draaiboek, 59ste Oscar-toekenningsaand
  9. Beste oorspronklike draaiboek, 84ste Oscar-toekenningsaand

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search